skip to Main Content

Paasfees deur ’n kind se oë

Vir meeste kinders is Paasnaweek ‘n groot gebeurtenis. Vir die kleintjies beteken dit dat die Paashaas kom kuier en sjokoladehasies en -eiers met hom saambring. Vir die oueres word daar Paasbolletjies voorgesit.

Eers later besef kinders dat dit oor meer as net die Paashaas gaan. As deel van die Paasseisoen word die dood van Jesus Christus deur kruisiging gedenk op Goeie Vrydag, altyd die Vrydag net voor Paasfees. JERETHA OOSTHUIZEN het ‘n paar kinders uitgevra oor Paasfees.

Lebone Mohahlane (8) says:

Easter is not about Easter eggs and bunnies, it’s about Jesus. Jesus died for our sins on the cross. That was the beginning of Jesus and new beginnings.

Amani Milan Pietersen (3):

Easter is all about Jesus. He died and rose again. We are going to eat lots of Easter eggs. Yippee!

Hailey Steyn (2) sê:

Paasfees is oor hasie hop hop hop en ek gaan baie chocolates kry. Liewe Jesus word ook dan wakker.

Morne Roos (11) sê:

As Paasnaweek kom dan dink ek aan Jesus Christus. Ek dink ook aan die Paaseiers wat weggesteek gaan word, maar ek hou nie so baie van marshmallows nie. As dit Paasfees is dan steek Mamma en Pappa vir ons Paaseiers weg, maar net nie by die honde nie anders gaan hulle dit eet.

Reuven Immelman (5) sê:

Oor Paasfees het Liewe Jesus aan die kruis gesterf en ek bid elke keer dat daar nie monsters en scary goed by mense se huise kom nie. Ons gaan braai by die skool.

Jeretha Oosthuizen | Bloemfontein Courant

Back To Top